Portada

DIE SAW EN CUITO CUANAVALE IBD

JONATHAN BALL PUBLISHERS
02 / 2020
9781928248057

Sinopsis

&ldquo,Dit gebeur dikwels dat &rsquo,n skietoorlog deur &rsquo,n tweede oorlog gevolg word. Dié oorlog word nie met ammunisie of kartetse gevoer of met tenks and bomwerpers nie, maar met words.&rdquo,In 1987&ndash,1988 was die stowwerige Angolese dorpie Cuito Cuanavale die toneel van die laaste gevegte van die Grensoorlog. Sedertdien is dit die fokuspunt van &rsquo,n openbare debat oor wie eintlik hierdie oorlog gewen het.Die leierskorps van die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) hou vol hulle is nooit verslaan nie, terwyl die alliansie van die Angolese MPLA-regering, Kuba en Swapo beweer hulle het die SAW uit Angola en Suidwes-Afrika verdryf. Hulle glo voorts die SAW wou Cuito Cuanavale beset en as afspringplek gebruik om Luanda in te neem.Maar was Cuito Cuanavale ooit regtig &rsquo,n doelwit vir die Suid-Afrikaners? Dit is die vraag wat Leopold Scholtz vra wanneer hy onlangs gedeklassi-fiseerde dokumente in die weermagargief bestudeer en die taktiese en strategiese besluite ondersoek wat &rsquo,n bepalende rol in die ses groot veldslae van dié veldtog gespeel het.Sy kritiese ontleding wys hoe maklik propaganda en politiek in die pad van feite kan staan.

PVP
18,18